Waterblommetjie Fees

Windmeul
Event Start Date
Event End Date

Loer vroeg by Windmeul Kelder in vir `n heerlike plaasontbyt en snuffel by die plaasmark rond vir smullekker tuisgemaakte produkte. Daar is `n spesiale Run the Vines wedloop oor 5km en 10km roetes met `n springkasteel vir die kleingoed.

Die wynmaakspan bied tussen 10h00 en 12h00 spesiale Waterblommetjie & Wynpasmaats aan (solank voorraad hou) en wynliefhebbers kan onoortrekflike wynwinskopies kry. Sien hoe die kenners met waterblommetjies te werk gaan tydens die potjiekoskompetisie.

Kunstenaars Pat Shewry en Die Wildberries sorg vir musiekvermaak.

Die Paarl nagskuiling is weereens die amptelike begunstigde van vanjaar se Waterblommetjiefees en besoekers kan gratis toegang by die vier plase kry deur die skenking van een item blikkieskos per motor.

Versamel die stempels van al vier deelnemers in die feespaspoort om in aanmerking te kom vir fantastiese pryse soos geskenkbewyse en produkmandjies.

Vir meer inligting en besprekings vir demonstrasies en spesiale proesessies, kontak die onderskeie kelders.

Location
Windmeul Kelder
Paarl

-33.671659, 18.9062693

Area
Locale